App Profile: Maroela Media

Android / Games / Puzzles
Maroela Media
Installs:
Rating:
4.55
Total Reviews:
211
Top Countries:
ZA, AU, GB
< $5k
/mo
< 5k
/mo
Reviews: What People Think About Maroela Media
ziskamaz
Rating: 5/5
Ek respekteer die wyse waarop julle nuus oordra. Onpartydig en feitlik. Kurt en saaklik. Julle is definitief nie “fake” nie! Welgedaan!!
The Zondaghs
Rating: 2/5
Ek het voorheen 5 sterre gegee, maar is nie so tevrede na my opgradering nie. As ek op die foto’s raak gaan dit onmiddelik vergroting toe en tans niks wat ek doen kan ek weer die foto verklein dat ek my artikel verder kan lees nie. Is daar ‘n manier om update te verander na die vorige een toe? Die uitset is ook nie vir my goed nie, jammer, maar teen die tyd sal ek skynbaar niks goeds kan sê nie. Nogtans sal Maroela Media vir my die beste wees -as ek my vorige een kan terug kry!
VD Merwe
Rating: 1/5
Hi Span
Ek gradeer julle toep op die laagste want mens sukkel so met die toep, dan vat die berig lank om te laai & bly sê "wag asseblief" soos vanaand & ek moet dan uitgaan & meeste van die ander kere wil my fotos nie laai nie. Ek het al lank gelede gekla oor die fotos maar lyk my ek moet maar gaan op geluk, want een dag werk dit & môre nie. En my toep se verstelling is altyd gestel op automaties opdateer, so dit kan nie wees dat hy oud is nie. So seblief, skerp julle toep op want ek het hom altyd onbeskryflik baie geniet!!!!
Baie dankie!
About Maroela Media
Al jou nuus - gratis en in Afrikaans! Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure en ons maak seker dat jy weet watter boeke om te lees, hoe om vanaand se kos gaar te maak en wie die rugby gaan wen. In ons Vermaak en Leefstyl-afdeling kan jy selfs uitsien na daai stories wat jou na jou asem gaan laat snak, jou tot trane gaan dryf of jou laat skaterlag van lekkerkry en plesier. Ons meningvormers gesels kopstukke in Die Groot Debat en ons gee vir jou agtergrond oor gebeure in Nuuskommentaar.
Ons is die nuusleser met die vreemde pruik, die soustannie met die lekker bak beskuit, die skeidsregter en die oom op die pawiljoen wat nartjies gooi. Ons is jou taaljuffrou en die pêl wat saam stokkies draai. Ons is jou ouma se sagte skouer en jou oom se blinknuwe motor. Skink vir jou 'n koppie boeretroos dan kuier jy lekker saam.
Kom kyk na die app en indien jy op enige kinkel in die kabel afkom, laat weet ons asseblief onmiddellik! Sonder jou bly ons app en ons hart gebroke.
Ons is die nuusleser met die vreemde pruik, die soustannie met die lekker bak beskuit, die skeidsregter en die oom op die pawiljoen wat nartjies gooi. Ons is jou taaljuffrou en die pêl wat saam stokkies draai. Ons is jou ouma se sagte skouer en jou oom se blinknuwe motor. Skink vir jou 'n koppie boeretroos dan kuier jy lekker saam.
Kom kyk na die app en indien jy op enige kinkel in die kabel afkom, laat weet ons asseblief onmiddellik! Sonder jou bly ons app en ons hart gebroke.
File size: 49910784
Launched countries: USAUCACNFRDEGBITJPKRRUDZAOARATAZBBBYBEBMBRBGCLCOCRHRCZDKDOECEGSVFIGHGRGTHKHUINIDIEILKZKEKWLBLTLUMOMGMYMXNLNZNGNOOMPKPAPEPHPLPTQAROSASGSKSIZAESLKSECHTWTHTNTRUAAEUYUZVEVNBOKHEELVNIPYMZYEBHCYMTBJBFCGJOLAMLSNTZUGZW
Minimum OS version: 13.0
Release Date: 1403214127000
Published by Maroela Media
Website url: http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/maroela-media-app-help-toets-aan-die-lekkerste-nuus-app-ooit/
Publisher country: South Africa